#DieKontrak3: Ek het ingeskryf, wat nou?

Deel hierdie storie / Share this story

Inskrywings het ingestroom vir Die Kontrak 3 en nou is daar vrae op baie se lippe.

Die Kontrak het die volgende inligting op Facebook bekendgmaak.

  • Uit die hordes inskrywings wat ons ontvang het, sal daar ’n top-24 saamgestel word.
  • Op 8 Mei 2023 sal daar kontak gemaak word met die top-24.
  • Op 10 Mei 2023 sal aanlyn gesprekke met die top-24 plaasvind.
  • Op 15 Mei 2023 sal die top-24 amptelik op sosiale media bekend gemaak word.
  • Die Top 24 semi-finaliste sal dan ‘n oudisie aflê deur op te tree by ‘n geleentheid wat sal plaasvind op 25 Mei 2023 in Pretoria
  • Op 29 en 30 Mei sal die Top 16 in sessies wees om ‘n Top 8 te kies.
  • Opnames sal vanaf 31 Mei plaasvind.
  • Hier sal die mentors elk 2 deelnemers kies om die top-8 saam te stel.
  • Die top-8 sal dan elk met ’n Coleske-kontrak in die hand week-ná-week in uitklopkonserte meeding tot ons ’n top-2 het.
  • Die top-2 sal dan regmaak vir Afrikaans is Groot, waar die wenner uiteindelik aangekondig sal word.