Die familie van ‘n verlore jong seun wat Maandagaand in Grapestraat in Waterloo, KZN, gevind is, is opgespoor.
Reaction Unit South Africa (Rusa) lede het Maandag op sosiale media gevra dat die publiek help om die seun se familie op te spoor.
Die seun het glo verlore in die area rondgedwaal en kon nie enige inligting oor sy familie of oor waar sy huis is, verskaf nie.
Rusa het wel later gesê die seun se familie is opgespoor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



