Chatsworth-prokureur sterf in verbyryskietery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gewapende verdagtes skiet op KZN-munisipaliteit se speaker

‘n Prokureur van Chatsworth is Sondag oorlede in ‘n vermeende verbyryskietery. Die prokureur en sy familie het stilgehou by ‘n verkeerslig in Chatsworth toe ‘n VW Polo glo langs hulle stilgehou en op hulle begin skiet het.

Die prokureur en sy broer, wat bestuur het, is albei raakgeskiet, maar die broer kon aanhou ry tot by die Chatsmed-hospitaal. Die prokureur is oorlede verklaar met hulle aankoms.

Die mans se vrouens, wat agter in die voertuig was, is ongedeerd.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en drie pogings tot moord.

Bronne: IOL, News365, Be Loud

Lees ook: Gewapende verdagtes skiet op KZN-munisipaliteit se speaker