Gevangene wat op Vryheidsdag ontsnap, weer gevang

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Fase 6-beurtkrag vanaf Dinsdagmiddag

Een van die twee gevangenes wat op Vryheidsdag uit die Ngqeleni-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Siyabulela Khohliso is in die Libode-area in hegtenis geneem en is teruggeplaas in die Mthatha-gevangenis. Athini Nothi Mzingelwa is nog op vrye voet.

Albei gevangenes is skuldig bevind aan verkragting. Khohliso is tot tien jaar tronkstraf gevonnis en Mzingelwa tot agt jaar.

Agt beamptes wat op Vryheidsdag aan diens was by die gevangenis is geskors, asook twee ander beamptes.

Bronne: IOL, TimesLIVE, News365, VN Explorer

Lees ook: Fase 6-beurtkrag vanaf Dinsdagmiddag