Bryde-walviskarkas spoel op Kleinbrakrivierstrand uit

Deel hierdie storie / Share this story

Die karkas van ‘n Bryde-walviskalf (uitgespreek as Broodes) het Sondag 30 April 2023 op die strand by Kleinbrakrivier uitgespoel.

Mosselbaai-munisipaliteit het op hul sosialemediablad aangekondig dat die spesifieke strand tot vandag 2 Mei vir die puliek gesluit sal wees.

FiND iT het met Val Marsh van die “Smarties” soos wat hulle genoem word of andersins Stranded Marine Animal Rescue Team (SMART) gesels wat hierdie vrywilligerspan, wat slegs op donasies staatmaak, bedryf. Hulle hanteer uitgespoelde diere, hetsy lewewendig of dood.

SMART ontvang jaarliks ‘n permit om hierdie vrywillige diens te lewer. In die geval waar navorsingsmateriaal nodig is, moet die vrywilligers verskillende monsters van die liggaam van die dier bekom.

“As deel van SMART word ons dikwels gekonfronteer met situasies waar mens jou emosies opsy moet sit vir die groter voordeel van bewaring en die stryd om antwoorde te kry.”

Die kalf was reeds ‘n geruime tyd dood. Monsters is van die karkas geneem en afmetings gemaak om aan relevante bewaringspartye te stuur.

Die karkas is deur die plaaslike munisipaliteit begrawe.

“Baie nuuskierige en belangstellende lede van die publiek het soveel inligting as moontlik deur ons vrywilligers ontvang, aangesien die meeste van hulle nog nooit so ‘n walvis gesien het nie, ten spyte van die Brydes wat gereeld in ons waters is.”

SMART het almal wat telkemale betrokke is en help om dierelewe te bewaar, bedank.

Die meeste diere waarmee hul te doen kry is bedreigde spesies, of beskermde spesies.

Vrywilligers is welkom om op SMART se Facebook-blad navraag te doen sodat relevante inligting aan hulle gestuur kan word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel