Ma vermoor seun met kapmes, kook en eet dele van sy kop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Egipte het haar vyfjarige seun met ‘n kapmes doodgekap voordat sy dele van sy kop gekook en geëet het.

Die 29-jarige ma is deur polisie in hegtenis geneem nadat die seuntjie se oom dele van sy liggaam in emmers by die familiehuis in Abu Shalabi ontdek het, berig Daily Mail.

Die ma het aan die polisie erken dat sy dele van haar seun se kop geëet het, want sy “wou hê hy moes by haar bly”.

Die ma het haar seun met vier houe teen sy kop vermoor voordat sy sy liggaam in die huis se badkamer opgesny het.

Sy het na bewering glo sy kop en ander dele van sy lyf gekook en geëet.

Lees meer hier.