Die ouers van die ontvoerde Madeleine McCann sê hulle dogter “word nog baie gemis” op die 16de herdenking van haar ontvoering.
In ‘n kort verklaring op die amptelike Find Madeleine Campaign-webwerf het Gerry en Kate gesê: “Vandag is die 16de herdenking van Madeleine se ontvoering. Sy word steeds baie gemis.”
“Dis moeilik om die woorde te vind wat kan beskryf hoe ons voel. Die polisieondersoek duur voort, en ons wag op ‘n deurbraak. Dankie aan almal vir hulle ondersteuning – dit help regtig.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



