Danèlee Niemand, ‘n gr.-12 leerling van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark in Gauteng, is oorlede.
Dit is die tweede sterfgeval binne ‘n week van ‘n leerling van dié skool.
Die skool het die aankondiging op hul sosialemediablad gemaak en meegevoel teenoor die oorledene se familie en vriende uitgespreek.
Clarise Groenewald (17), wat ook ‘n leerling van die skool was, is op 25 April 2023 oorlede.
Boodskappe van medelye vir beide die meisies stroom op sosiale media in.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



