Die peperduur nuwe energiedrankie wat sosialemediagebruikers laat gons en tieners in lang toue laat staan om self ‘n botteltjie te kan koop, sou jou gewoonlik ongeveer R500 per botteltjie kos.
Prime is ‘n reeks sportdrankies, drankmengsels en energiedrankies geskep en bemark deur Prime Hydration, LLC.
Die drankies is onlangs in Checkers-winkels regoor die land beskikbaar gestel vandat Checkers die amptelike kleinhandelvennoot vir die produkte is,
Die drankies word teen R39,99 in Checkers verkoop.
Tieners het lank in rye by verskillende Checkers-winkels gestaan om ‘n bottel te koop. Kyk hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



