Nog geen verdagtes vasgetrek maande na vrou se skietdood

Deel hierdie storie / Share this story

Die 44-jarige Sisanda Macamba is op 18 Desember verlede jaar deur ‘n onbekende man doodgeskiet en vandag, maande na die moord, is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie.

Women for Change berig die verdagte het na bewering glo na Macamba se huis gegaan en haar familie gevra om haar te sien. Sy was nie toe by die huis nie. Toe sy egter later na die huis terugkeer, het sy buite die huis met die verdagte gaan praat, berig Women for Change.

Die gesin het glo skote gehoor en Macamba se lewelose liggaam later by die hek van die huis gevind.

Die verdagte het glo van die toneel gevlug.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel