KYK: Man dring aan op mediese behandeling vir sy (lappop)-vrou

Deel hierdie storie / Share this story

Cristian Montenegro (27) was onlangs die nuus gehad nadat hy “bekendgemaak” het dat hy en sy vrou, die lappop Natalia Ortiz, hulle derde popbaba “in die wêreld verwelkom” het.

In ‘n nuwe video wat aan die lig gekom het, blyk dit asof paramedici in ‘n ambulans opgedaag het om Natalia “te behandel” nadat sy glo ‘n hoofpyn gehad en flou geword het.

In die video lê die pop agter in ‘n ambulans terwyl paramedici haar “behandel”.

In die video kan ook gehoor word hoe Montenegro sê: “Ek het julle gebel, want ek wil nie hê sy moet doodgaan nie. Sy is die ma van my dogter. Alles sal oukei wees, my liefde.”

Dit lyk asof paramedici hard probeer om nie te lag nie, en sê dat hulle haar na ‘n hospitaal sal neem om seker te maak sy is oukei.

Klik hier vir die video.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel