‘n Man (42) is Dinsdagoggend 2 Mei 2023 tydens ‘n padblokkade op die N7 op Klawer, Wes-Kaap in hegtenis geneem toe hy in besit van 1 374 ongepoleerde edelgesteentes gevind is.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê lede van Operation Restore het ‘n Toyota Quantum met sy passasiers afgetrek en deursoek tydens ‘n padblokkade. Lede het op 344 ongepoleerde diamante en 1 020 robyne in een van die insittendes van die voertuig se bagasie gevind. Hy is vir die onwettige besit van edelgesteentes in hegtenis geneem.
Die waarde daarvan moet nog bepaal word.
Sodra hy aangekla is, sal hy in die Klawer-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



