Kerkstraat-bom – 40ste gedenkdiens gehou

Deel hierdie storie / Share this story

Die 40ste gedenkdiens vir die slagoffers van die Kerkstraat-bom sal Saterdag 20 Mei 2023 om 09:00 by die Poyntensgebou in Kerkstraat (tussen Sophie de Bruyn- en Bosmanstraat) plaasvind.

Sprekers vir die dag sluit Steve Hofmeyr, Bittereinders en dr. Groenewald in.

Francois van der Merwe, van die Bittereinders het gevra dat die datum solank in dagboeke aangeteken moet word.

Organiseerders het gevra dat jy gerus ‘n stoel en iets om te drink moet neem as jy die geleentheid gaan bywoon. Parkering sal naby die adres beskikbaar wees.

‘n Kranslegging word om 12:00 gehou. Daar word gevra dat jy ‘n rooi blom sal saamneem.

Die volgende inligting oor die Kerkstraat-bom is op Wikipedia beskikbaar:

Die Kerkstraat-bomontploffing was ‘n aanval wat Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die ANC, op 20 Mei 1983 in Kerkstraat in Pretoria geloods het. ‘n Motorbom is hiervoor gebruik wat 19 mense gedood en 217 beseer het (waaronder verskeie swartmense). Dit word as een van die grootste aanvalle deur die ANC in sy stryd teen apartheid beskou.

Die motorbom met 40 kg plofstof is buite Nedbank Plein in Kerkstraat-Wes gelaat om teen 4:30 nm. op ‘n Vrydagmiddag af te gaan. Die teiken was die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) wat meeste van die kantore in die gebou gehuur het. Omdat dit teen spitstyd afgegaan het, is verskeie burgerlike persone egter ook gedood en beseer. Die hanteerders van die bom, Freddie Shangwe en Ezekial Maseko, sterf ook in die ontploffing, nadat dit 10 minute te vroeg afgegaan het. Ten minste 20 ambulanse is ingespan om die dooies en gewondes te vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel