Lambertus Lochner (70) is op 2 Mei 2023 ongeveer 17:10 by Brandfordt Butchery in Voortrekkerstraat, Brandfort, Vrystaat met ‘n mes gesteek, waarna hy gesterf het.
Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê Lochner het die middag na sy besigheidsperseel gegaan om te kyk of alles in orde is.
Na bewering het hy ‘n onbekende man gevind wat besig was om kabels van die gebou te steel, waarna hy hom gekonfronteer het.
Die man het hom toe glo met ‘n mes gesteek.
Lochner het sy vrou gebel en vir haar gesê dat hy gesteek is.
Sy het met hom na ‘n hospitaal in Bloemfontein gehaas.
Op pad het sy ‘n ambulans gebel wat haar op Raymond Mhlabapad in Bloemfontein ontmoet het.
Ten spyte van pogings van nooddienspersoneel om Lochner te red, het hy aan sy beserings gesterf.
Hy het steekwonde in sy bors en arm gehad.
‘n Vermeende verdagte (57) is gesoek en binne ure van die voorval in hegtenis geneem.
Die verdagte sal vir moord aangekla word, waarna hy Vrydag 5 Mei 2023 in ‘n landdroshof sal verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



