‘n Visserman (27) het gistermiddag omstreeks 15:30 in Sansouchi, Tugela-rivier, KwaZulu-Natal, verdrink.
IPSS Search and Rescue sê alhoewel die man reeds gister verdrink het, was dit eers ongeveer 21:00 gisteraand aangemeld.
Volgens getuies was die man besig om op die rivierbank vis te vang. Hy het in die rivier geswem of af te koel en het moeilikheid ondervind.
Ten spyte van pogings om hom te probeer red, kon hy nie gered word nie.
Weens bekommernis oor veiligheid is die soektog na die vermiste man eers vanoggend begin.
IPSS Search and Rescue is saam met SAPD K9 Search and Rescue saam met KDM-ewensredders op die toneel waar na die man se liggaam gesoek word.
“We urge everyone to report incidents of drowning as soon as they occur to prevent delays in Search and Rescue efforts.’
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



