Mila Guy trou met haar ‘guy’

Deel hierdie storie / Share this story

Mila Guy, Suid-Afrikaanse aktrise, het op 22 April met Bennie Fourie, ook ‘n Suid-Afrikaanse akteur, in die huwelik getree.

Mila is ‘n aktrise en kostuumontwerper wat die beste vir haar rolle in Hotel en Liewe Kersfeesvader geken word. Sy is in Nelspruit (Mbombela) gebore en het in haar hoërskooljare saam met haar ouers Nieu- Seeland toe emigreer, maar die lewenspad het haar weer na Suid-Afrika teruggebring.

Bennie, gebore en getoë in Pretoria, is ‘n akteur, regiseur en draaiboekskrywer wat in stukke soos Hotel, Vir die voëls, Vul wasgoed, Sy klink soos lente, Mooirivier en Die Pro gespeel het. Hy was ook in vele ander in ‘n ander hoedanigheid betrokke.

Sy het op 23 April ‘n paar foto’s deur @picturemeandu gedeel.

Twee dae gelede was dit foto’s van hul wittebrood in Madrid, Spanje.

Die twee akteurs, wat albei saam in die TV-reeks Hotel te sien was, het op 4 Oktober 2022 verloof geraak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel