Seuntjie gered wat byna onder ma se lewelose liggaam versmoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tweejarige seuntjie is Saterdag deur lede van die gemeenskap in Amaotana, KZN, gered voor hy deur sy ma se lewelose liggaam versmoor kon word.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het Saterdag omstreeks 12:13 ‘n oproep om hulp ontvang.

Met lede se aankoms op die toneel is hulle na ‘n informele woning geneem waar die lewelose liggaam van ‘n 29-jarige vrou ontdek is. Volgens bure het hulle die kind vir ‘n geruime tyd hoor huil voordat hulle ondersoek ingestel het.

Gemeenskapslede het buite die woning bymekaargekom en probeer om die kind se ma se aandag te kry. Hulle het dit nie reggekry nie en toe by die huis ingebreek. Volgens Rusa het hulle toe op die ma wat bo-op haar seunjie gelê het, afgekom. Die ma en seun was glo bedek met ontlasting. Die seun is onder sy ma uitgehaal.

Volgens inwoners is die ma die vorige aand glo gesien toe sy alkohol ingeneem het.

Die rede vir haar dood is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel