Vier kritiek na kop-aan-kop-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Emer-G-Med-paramedici het Saterdagaand reageer op inligting oor ‘n ernstige motorongeluk wat in Hans Schoemanstraat in Randburg plaasgevind het.

Volgens Emer-G-Med was twee motorvoertuie by die botsing reg van voor betrokke.

Vyf mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand is.

Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel