Kirsten Neuschäfer eerste vrou en SA’ner om Golden Globe Race te wen

Deel hierdie storie / Share this story

Kirsten Neuschäfer (39) van Gqeberha is amptelik die eerste vrou en eerste Suid-Afrikaner wat die epiese Golden Globe-alleenwedvaart gewen het.

Die wedvaart behels om alleen, en sonder ‘n GPS, reg rondom die wêreld te seil.

Die wedvaart het op 4 September verlede jaar vir 16 deelnemers in Les Sables D’Olonne, Frankryk begin. Net drie deelnemers is in die amptelike wedvaart oor.

Neuschäfer was vir byna agt maande, 234 dae, alleen op haar seiljag die Minnehaha ter see.

Neuschäfer seil vandat sy baie jonk is en het in 2006 professioneel begin seil. Haar beroep sluit seilopleiding en bootaflewerings in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel