Die sanger Bernice West, wat dié week ‘n vertoning in Kimberley moes kanselleer, is nou onbevoegd verklaar om te reis en op te tree.
Sy moes noodgedwonge verskeie vertonings wat binnekort sou plaasvind, kanselleer.
It’s been a WILD few days maar, ek wil net “d a n k i e” sê vir elke gebed en bietjie motivering om my deur elke dag te kry.
My mediese toestand is tans buite my beheer en nadat ek gister opgeneem is het my spesialis my vanoggend medies onbevoeg verklaar om te reis en op te tree. Ek en my band moes gister Dubai toe vlieg en hulle het eventueel sonder my gegaan met die hoop dat ek vandag ontslaan kon word. Dit was ‘n aaklige realiteit maar ek en my span moes die gesondheidsnagevolge in ag neem deur die Dubai trip sowel as my volgende paar shows op hold te sit…
My hart ween vir die nagevolge van hierdie maar ek besef my gesondheid is op hierdie stadium van uiterse belang!!
Ek maak die volgende show datums aan julle bekend sodra ek gesond is!
(Tentatief Abu Dhabi 23 & DUBAI 24 Junie
- kaartjies is valid wat reeds gekoop is vir die show. Droomsindroom se show gaan steeds voort en gaan RSA se naam hoog hou)
Baie dankie vir al julle ondersteuning
Al my liefde
B
xxx
Dankie @lae_eventssa & @brandonauret vir al julle moeite met die trip en julle understanding hearts 🖤



