Voertuigbestuurder ry in gat in

Deel hierdie storie / Share this story

Omstreeks 05:30 vanoggend het ‘n voertuig in ‘n gat voor die BP-vulstasie Umbilo-area, Durban, KwaZulu-Natal, ingery.

ALS Paramedics het op ‘n ongeluk van ‘n enkelvoertuig reageer. Met aankoms op die toneel het hulle gevind dat ‘n voertuig in ‘n oop gat wat met water gevul was, ingery het.

Dit het gebeur waar konstruksiewerke vir ‘n paar weke reeds aan die gang is.

Die bestuurder is nie beseer nie.

Durban Metro Police en SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel