13-jarige in enkelvoertuig-ongeluk dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 13-jarige kind het in die vroeë oggendure in ‘n enkelvoertuigongeluk op die M4 in Westbrook, in KwaZulu-Natal, gesterf.

IPSS Medical Rescue is na die toneel. Met aankoms is gevind dat die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig beheer verloor het, waarna die voertuig met vier insittendes die pad verlaat en ‘n boom getref het, voordat dit gerol het.

Die 13-jarige, wat ‘n insittende van die voertuig was, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die ander insittendes het geringe beserings opgedoen. Slegs een is vir verdere mediese sorg na ‘n fasiliteit geneem.

PDie polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel