Brendan Peyper, wat noodgedwonge sy musiekoptredes vir ses weke moes uitstel vir behandeling aan sy stembande, het gisteraand ‘n positiewe boodskap vir sy aanhangers vanuit ‘n hospitaalbed gestuur.
“Alles het mooi geloop, wil net vir julle laat weet ek is
. Het al vergeet hoe verslawend hospitaal jelly is. Dankie vir al die liefde
“
Hy het ook later gedeel dat hy in die hospitaal sal oornag.
“Ek slaap vanaand hier by die hospitaal en word môre ontslaan, my ouers is op pad van Bloem af om my te kom optel. Dankie vir elke boodskap
ons gesels môre weer.”
Hy het in ‘n vorige plasing aangedui dat hy fisioterapie vir sy stembande gaan ontvang.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



