Brendan Peyper het vroeër vandag by sy dokter se spreekkamer uitgestap en sy aanhangers in ‘n video meegedeel dat hy konsertverpligtinge vir ses weke móét kanselleer.
In hierdie nuutste video sê hy die dokter het hom beveel om nie van nou tot en met Dinsdag te praat nie. Daarna sal hy hoor wat vorentoe gaan gebeur.
Hy gaan gedurende dié tyd sterk antibiotika en medikasie neem om die swelling op sy stembande en in sy keel weg te kry.
Peyper vra om verskoning dat hy nie konsertverpligtinge kan nakom nie en voel dat hy mooier na sy stem moes gekyk het. Hy weet nie wat regtig die probleem veroorsaak het nie, maar glo dat ooreising ‘n rol kon speel.
Hy het Sondag in ‘n video wat hy gedeel het gesê dat sy stem hees is, dat hy reeds kortisoon gebruik het en dat daar ‘n bloedblasie op sy stembande is wat tydens ‘n operasie op 10 Mei 2023 gedreineer moet word.
Peyper het verder gesê hy sou probeer om die afspraak te vervroeg en sy ondersteuners op hoogte te hou.
In hierdie nuutste video sê hy dat sy dokter hom ‘n instruksie gegee het om vandat hy by die spreekkamer uitgestap het tot en met Dinsdag, nie te praat nie.
Die dokter het wel die goeie nuus bevestig dat alles na die ses weke goed sal gaan.
Peyper het almal vir hul ondersteuning bedank.
Goeie nuus oor nuwe musiek is ook in die video gedeel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



