Verdagtes in Ocean View-massamoord vry na saak van rol geskrap is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses mans in Kaapstad doodgeskiet

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir ‘n massamoord in Ocean View is vrygelaat na die saak Woensdag van die rol geskrap is.

Die twee verdagtes het in die Simonstad-landdroshof verskyn na ses mense verlede week in ‘n huis in Neptunelaan doodgeskiet is.

Die saak is van die rol geskrap na ‘n regsverteenwoordiger van een van die verdagtes gesê het hulle is nie binne 48 uur voor die hof gebring nie.

Bronne: IOL, Daily Voice, Flipboard

Lees ook: Ses mans in Kaapstad doodgeskiet