Een persoon is Donderdagoggend 20 April 2023 oënskynlik in ‘n skietvoorval dood, waarna ‘n ongeluk op die M7 net na Main Road in Johannesburg, Gauteng, plaasgevind het.
ALS Paramedics Medical Services het ‘n noodlottig gewonde man op die toneel aangetref.
Na bewering was een voertuig in ‘n skietvoorval betrokke, waarna die voertuig gerol en op sy sy oor die middelste eiland tot stilstand gekom het.
‘n Man, vermoedelik in sy veertigs, is binne die voertuig met verskeie skietwonde aan sy lyf aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die omstandighede wat die insident voorafgegaan het, is onbekend.
Die polisie was op die toneel en ‘n ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



