Soektog na vermiste Franse skipper brei uit

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Franse skipper ter see vermis

Na ‘n week se soektog vir die vermiste Franse skipper Emmanuel Dailler (56) het die soektog oor die oseane uitgebrei. Emmanuel Dailler het op 2 Maart Houtbaai op sy wit seiljag verlaat op pad na Martinique, ‘n Karibiese eiland, maar hy het nog nie daar aangekom nie.

Die soektog sal nou oor die Atlantiese en Indiese oseaan versprei. Vissermanne en matrose is gevra om op die uitkyk te wees vir hom.

Bronne: IOL, Algoa FM, Cape Town ETC

Lees ook: Franse skipper ter see vermis