Kleuter voor TV doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Sadie Leah Govender (2) is glo gedurende ‘n verbyryskietery op 17 Januarie 2023 in haar huis in Bonela, Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Women For Change sê die verdagtes wat na die huis geskiet het, is onbekend.

Die kleinding het langs ‘n familielid in die sitkamer gesit waar sy ‘n grondboontjiebotter-toebroodjie geëet en strokiesprente gekyk het. Na bewering het drie mans van die pad af op die huis begin skiet.

Die kleuter en haar familielid het aan hul beserings in die hospitaal gesterf.

Nog geen arrestasies is gemaak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel