Mattel het aangekondig dat hy baie binnekort sy nuutste Barbie-pop, ‘n pop met Down se sindroom, sal bekendstel, as deel van sy poging om selfs nog meer dogtertjies regoor die wêreld te verteenwoordig.
Die maatskappy het sy nuutste pop gister in Engeland op pre-order bekendgestel.
Die Britse model Ellie Goldstein (21), wat Down se sindroom het en al saam met Vogue, Gucci en Adidas gewerk het, het die bekendstelling van die nuwe pop gevier en gesê sy was “oorweldig” met vreugde toe sy dit sien.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



