Vrou (68) tydens beweerde huisroof aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 68-jarige vrou is vroeër vandag tydens ‘n beweerde huisroof in Dawncrest, KwaZulu-Natal aangerand.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 12:27 ‘n oproep vir bystand ontvang.

Met aankoms op die toneel is reaksiebeamtpes ingelig dat drie gewapende verdagtes na bewering die erf binnegegaan het deur die oprithek wat op ‘n skrefie oop was. Hulle het glo twee werknemers aangehou voordat hulle die huis binnegegaan en die vrou gekonfronteer het.

Hulle het die slaapkamers geplunder en die slagoffer glo gedwing om uit te wys waar die juweliersware gebêre word. Die rowers het daarna die goue juwele van die nagemaakte juwelierware geskei.

Die vrou is hierna glo met ‘n vuurwapen na ‘n buitegebou wat deur ‘n Bangladesj-burger gehuur word, gedwing.

Die verdagtes het die huurder glo gekonfronteer en sy kamer deursoek voordat hulle met kontant en juweliersware gevlug het.

Die slagoffers kon nie die voertuig se besonderhede verskaf wat in die voorval gebruik is nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel