WAARSKUWING: FOTO’S NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE
‘n Vrou is Dinsdagmiddag ernstig beseer toe ‘n pitbull haar in Seatides, KZN, verskeur het.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is beamptes omstreeks 15:14 na die toneel ontbied. Met beamptes se aankoms op die toneel, was beamptes van ‘n privaat ambulansdiens reeds besig om die vrou te behandel. Sy het erge bytwonde aan beide haar bene gehad.
Die vrou was glo op pad huis toe na werk toe die pitbull haar aangeval het.
Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.
Foto’s is deur Rusa gedeel.



