Twee verdagtes in hegtenis met ‘gesteelde’ minerale

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Werknemer doodgeskiet tydens rooftog in Pietermaritzburg

Twee verdagtes met vermoedelik gesteelde minerale is Sondag in Polokwane in hegtenis geneem.

Volgens die polisieverslae het lede van die provinsiale georganiseerde misdaad-eenheid ‘n wit Hino Tipper-trok naby die Machakaneng Village opgemerk gelaai met vermoedelik gesteelde minerale, onder andere chroom.

Hulle het die voertuig voorgekeer en die verdagtes in hegtenis geneem. Die chroom se waarde is omtrent R150 000 en dié van die ander minerale R1 300 000.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verkyn.

Bronne: IOL, News365, VN Explorer

Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring