Twee gr.- 1 leerders, beide sewe jaar oud, van die Primêre Skool Riebeeck, Belhar in die Kaap, is Vrydagoggend 21 April 2023 ongeveer 08:20 by die skool in ‘n skietvoorval gewond.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê volgens rapportering het twee mans mekaar tot op die skoolgrond gejaag. Een het na bewering ‘n wapen uitgehaal en begin skiet.
Die twee minderjarige kinders wat in die skietery beseer is, is vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit geneem.
Die omstandighede van die skietvoorval by die skool word ondersoek.
‘n Volwasse man is vir poging tot moord in hegtenis geneem en sal wanneer hy aangekla word in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



