Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot 58, leier in hegtenis
Thapelo Amad het uit sy pos as Johannesburgse burgemeester bedank die dag voor ‘n mosie van wantroue teen hom gebring sou word.
Dit is Maandagaand deur die Gauteng-premier Panyaza Lesufi aangekondig.
Amad het onder skoot gekom na hy in ‘n onderhoud met die SABC gesê het hy het ‘n lening van R9.5 biljoen gekry om dienslewering in die stad te verbeter. Die PA-leier Gayton McKenzie het gesê Amad moet afgedank word en dit was ‘n fout om hom burgemeester te maak.
Amad het bedank na die lede van die regering saamgestem het hy moet sy pos ontruim om die koalisie te red na die PA gedreig het om te onttrek.
Bronne: Sowetan LIVE, IOL, Briefly
Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot 58, leier in hegtenis



