KZN-vakansieoord beskuldig van ‘homofobie’ sê bewoording kon verwarring veroorsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring

‘n Vakansieoord in KwaZulu-Natal is op sosiale media beskuldig van “homofobie” ná hulle reëls oor groepe van dieselfde geslag wat eers goedkeuring moet kry voor hulle daar kan bly aan die lig gekom het.

Sosialemediagebruikers het die reëls as homofobies interpreteer en het geëis die oord moet toegemaak word.

Die Mtwalumi-vakansieoord het ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik dat dit nie gemik is op die LGBT-gemeenskap as sulks nie, maar eerder op groot groepe mans en vrouens wat “Bulls en Hens”-partytjies hou by die oord.

Groepe van dieselfde geslag moet eers verduidelik waarom hulle daar is sodat daar nie enige onsmaaklikhede plaasvind nie. Die oord se definisie van ‘n “groep” is meer as vier mense.

Die oord het om verskoning gevra vir die misverstand en het gesê almal is welkom.

Bronne: IOL, VN  Explorer, Reddit

Lees ook: Werknemer doodgeskiet tydens rooftog in Pietermaritzburg