Ryan Johnson (25) se liggaam is Saterdag 22 April 2023 agter Shoprite naby die Dee Bee-sentrum naby Ovenpad en Adriaansestraat in Elsiesrivier gevind.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê lede is ongeveer 09:45 na ‘n toneel waar die liggaam van ‘n man wat reeds aan sy beserings dood is, gevind is. Hy het ‘n steekwond aan sy liggaam gehad wat erg gebloei het. Paramedici het hom dood verklaar.
Omstandighede rondom sy dood en die motief daarvan vorm deel van ‘n moordondersoek wat deur Elsies Rivier-polisie geregistreer is.
Enigiemand met inligting van die insident word versoek om die Elsiesrivier-SAPD of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.
Alternatiewelik kan inligting vertroulik op die MySAPS-toepassing gegee word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



