Vrou se verkoolde liggaam na huisbrand in puin gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (40) is dood nadat haar huis Sondagoggend 23 April 2023 in die vroeë oggendure in Zwelisha, KwaZulu-Natal aan die brand geraak het.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 03:34 ‘n oproep om bystand van haar bure ontvang.

Reaksiebeamtpes is dadelik uitgestuur en met hul aankoms op die toneel is ontdek die brand is reeds deur inwoners geblus.

Die huis is heeltemal aan die binnekant vernietig en die verkoolde oorblyfsels van die vrou is in die puin gevind.

Volgens die publiek het die oorledene van iewers teruggekeer huis toe, waarna die hout-en-ysterhuis aan die brand geraak het.

Die gemeenskap kon hoor hoe sy om hulp skree en het probeer om haar te red, maar die hitte van die valmme was te intens.

Die oorledene se lewensmaat was nie ten tyde van die voorval in die huis nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel