Voormalige ConCourt-regter Yvonne Mokgoro in kritieke toestand na motorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Romay van Rooyen – moordverdagte vlugtig in hof

Die voormalige regter van die konstitusionele hof, Yvonne Mokgoro is in ’n kritieke maar stabiele toestand na sy in ’n ongeluk was tussen Warrenton en Kimberley op pad terug na Johannesburg.

Haar familie het gesê ’n trok het in haar vasgery. Volgens die polisie het die drywer van Mokgoro se motor ’n onverwagse maneuver op die pad gemaak en dis toe die trok in hulle vasgery het.

Mokgoro was die eerste swart vrou wat in die konstitusionele hof gedien het.

Bronne: TimesLIVE, News24, SABC

Lees ook: Romay van Rooyen – moordverdagte vlugtig in hof