Lees ook: Een verdagte dood, twee in hegtenis na moord op 10 mense
Rural Maintenance Vrystaat het ’n hofaansoek teen Eskom verloor om aan te gaan met hulle “voiding” stelsel waarmee hulle beurtkrag vermy deur die gebruik van ’n privaat solarfasiliteit.
Rural Vrystaat het vroeër die jaar gewerk daaraan om ’n solarstelsel te gebruik om hulle beurtkragskedule te vermy. Die dorp het krag gekry van die fasiliteit tydens die ure wat beurtkrag ingestel is. Rural het glo toestemming van Eskom gehad, maar Eskom het ’n maand later gesê die dorp doen nie wat hulle gedink het hulle sal nie.
Eskom het glo gedreig om op te hou om die dorp van krag te voorsien as dit nie die projek stop voor Nersa kon besluit of dit wettig is nie. Rural Vrystaat het ’n dringende aansoek aan die Johannesburgse hooggeregshof gebring om aan te gaan met die projek, maar hulle het verloor en moet nou die regskostes betaal.
Rural Vrystaat moet nou ook beurtkrag instel en mag nie die solarfasiliteit gebruik nie.
Bronne: TimesLIVE, Head Topics, The World News
Lees ook: Een verdagte dood, twee in hegtenis na moord op 10 mense



