Lees ook: Centurion-vrou wat glo man vergiftig doen volgende week aansoek om borg
Die polisie het glo een verdagte doodgeskiet en twee in hegtenis geneem vir die moord op10 mense in Pietermaritzburg Vrydagoggend.
Volgens polisieminister Bheki Cele is die verdagte wat in ‘n skietery met die polisie dood is, verbind aan talle ander misdade. Daar is ook verskeie vuurwapens en ammunisie op die toneel gevind.
Die polisie het glo inligting opgevolg na die moorde en vier mans gekry wat naby die moordtoneel besig was met ‘n ritueel. Die mans het glo op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet. Een verdagte is dood, twee is in hegtenis geneem en die vierde persoon het gevlug. Die polisie weet egter glo wie hy is.
Dit is nog nie bekend of die ritueel iets te doen gehad het met die moorde nie.
Bronne: IOL, Twitter, VN Explorer, The World News
Two suspects have been arrested by KZN police & one suspect shot dead following a mass shooting in PMB that led to the death of ten family members. 7 of the deceased are females while 3 are males. Three firearms have been recovered. Police are searching for the fourth suspect. pic.twitter.com/NX8r8MxDW6
— Athlenda Mathe (@AthlendaM) April 21, 2023
Lees ook: Centurion-vrou wat glo man vergiftig doen volgende week aansoek om borg



