Aanklagtes teen Alec Baldwin laat vaar

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Alec Baldwin pleit onskuldig op klag van onwillekeurige manslag

Die aanklagtes teen Alec Baldwin na die skietdood van kinematograaf Halyna Hutchins is Donderdag laat vaar na “nuwe feite” bekend gemaak is.

Die aankondiging kom twee en ‘n half maande na die New Mexico-aanklaers Alec Baldwin en Hannah Gutierrez-Reed aangekla het van onwillekeurige manslag.

Hannah Guiterrez-Reed word steeds aangekla van onwillekeurige manslag. Die New Mexico-aanklaers het gesê die aanklagtes wat teen Baldwin laat vaar is, kan weer opgeneem word. Hulle het ook gesê dit spreek Bladwin nie vry van skuld nie.

Hutchins is doodgeskiet op 21 Oktober 2021 op die stel van Rust. Baldwin was besig om ‘n vuurwapen te hanteer toe hy glo die sneller getrek en haar raakgeskiet het.

Die verfilming van Rust het Donderdag voortgegaan. Baldwin was op stel.

Bronne: NBC News, The Guardian, BBC

Lees ook: Alec Baldwin pleit onskuldig op klag van onwillekeurige manslag