Centurion-vrou wat glo man vergiftig doen volgende week aansoek om borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Poetin bevestig hy sal BRICS vergadering in Durban bywoon

’n Vrou wat glo haar man vergiftig het en ’n man van die straat af gevra het om te help om sy liggaam te begrawe, het die week in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Paulinah Mothokoa Moneybodi het glo op 18 April 2023 ’n man op straat gevra om verniet by haar huis te kom bly. Sy het glo vir die man gesê sy het haar man vier dae voor die tyd vergiftig, maar sy het hulp nodig om die liggaam te begrawe.

Die man het gemaak of hy instem, maar het die saak by die polisie aangemeld. Moneybodi is later dieselfde dag in hegtenis geneem na die man haar uitgewys het.

Die saak is tot 28 April uitgestel vir haar borgaansoek.

Bronne: IOL, Ghanamma

Lees ook: Poetin bevestig hy sal BRICS vergadering in Durban bywoon