Poetin bevestig hy sal BRICS vergadering in Durban bywoon

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: EFF sê hulle sal Wladimir Poetin beskerm as dit moet

Die Russiese president Wladimir Poetin het bevestig dat hy die 15de BRICS-vergadering in Durban sal bywoon ten spyte van die lasbrief wat deur die internasionale kriminelehof (ICC) uitgereik is vir sy inhegtenisneming.

Die ICC, waarvan Suid-Afrika ‘n volle lid is, het ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van Poetin uitgereik en het 123 lande aangemoedig om hom in hegtenis te neem vir oorlogsmisdade en die ontvoering van kinders in Oekraïne.

Dit is onduidelik of Poetin in hegtenis geneem sal word wanneer hy in Augustus in Suid-Afrika is.

Bronne: IOL, Business Live, New TimesLIVE

Lees ook: EFF sê hulle sal Wladimir Poetin beskerm as dit moet