Lees ook: ‘Los die mense soos hulle is’ – Malema aan Uganda-owerhede
Die Ugandese president Yoweri Museveni het Donderdag vir eers geweier om die anti-LGBT-wetsontwerp te teken, want hy wil hê die moontlikheid van rehabilitasie moet ingesluit word.
Museveni se besluit het gevolg na meeste van sy partylede ten gunste van die wetsontwerp gestem het. Musuveni het gesê hy het nie ‘n probleem met die strawwe in die wetsontwerp nie, maar die kans van rehabilitasie vir mense wat besluit om ‘n normale lewe te hê na hulle deelgeneem het aan homoseksualiteit moet ingesluit word.
Die wetsontwerp sluit tronkstraf en die doodstraf vir diegene wat skuldig bevind word aan homoseksuele aktiwiteite en wat die LGBT-gemeenskap bevorder, in.
Ander lande en regsgroepe het die wetsontwerp gekritiseer en gesê Musuveni moet dit veto.
Bronne: DW – South Africa, The Guardian, ABC News
Lees ook: ‘Los die mense soos hulle is’ – Malema aan Uganda-owerhede



