‘Los die mense soos hulle is’ – Malema aan Uganda-owerhede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp

Die EFF-leier Julius Malema het Uganda se nuwe anti-LGBT wetsontwerp aangeval en gesê dit is bedoel om arm mense te teiken terwyl dit toelaat dat mense doodgemaak word uit haat.

Malema het Dinsdag tydens ‘n betoging buite die Ugandese ambassade in Pretoria gevra hoe gaan hulle gay mense identifiseer en gesê hulle moet die “mense los soos hulle is”. Hy het ook gesê dit is nie ‘n probleem nie.

Uganda het verlede maand ‘n wetsontwerp aanvaar wat dit kriminaliseer om as LGBT te identifiseer. Mense wat skuldig bevind word, kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word en dié wat skuldig bevind word van “aggravated homosexuality” kan die doodstraf kry.

Bronne: Sowetan LIVE, ECR, The Citizen

Lees ook: Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp