‘n Bejaarde man is Saterdag 22 April 2023 kritiek beseer toe hy by ‘n uitkykpunt van Howick-waterval in KwaZulu-Natal geval het.
Midlands EMS Howick het net na 12:30 ‘n ambulans na die toneel gestuur.
Met aankoms op die toneel is ‘n bejaarde man in ‘n kritieke toestand met veelvuldige beserings aangetref.
Hy is op die toneel gestabiliseer voodat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is om verdere mediese behandeling te ontvang.
Die presiese oorsaak van die insident word deur plaaslike owerhede ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



