‘n 13-jarige seun is Woensdag 19 April 2023 in ‘n skietvoorval beseer waar hy voor skool saam met vriende in Greatfishstraat, Manenberg, Wes-Kaap, sokker gespeel het.
Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê lede van die teen-bende-eenheid is 20 April 2023 na ‘n huis in McCrawlstraat waar hulle inligting opgevolg het.
Met aankoms op die perseel het lede ‘n vrou (34) gesien wat glo met haas na die agterkant van die woning beweeg het, met ‘n voorwerp in haar hand.
Die voorwerp is as ‘n 9 mm CZ-pistool geïdentifiseer wat ‘n vol magasyn met 15 rondtes bevat het.
Lede het haar betyds bereik voordat sy van die vuurwapen ontslae kon raak en sy is in hegtenis geneem.
Die vuurwapen en ammunisie is as bewysstukke gekonfiskeer.
Die vrou is vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.
“Daar is ‘n moontlikheid dat die vuurwapen met die skietvoorval waarin die 13-jarige beseer is verbind kan word en dit vorm deel van die polisie-ondersoek wat aan die gang is.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



