‘n Babaseun (1) van Schoemansville, Harbeespoortdam in Noordwes, het Saterdagoggend 22 April 2023 by ‘n huis in ‘n swembad geval.
NSRI sê die ma en pa het na ‘n paar minute wat die baba onder hulle oë uit was ondersoek ingestel en hom gekry waar hy met sy gesig na onder in die swembad gedryf het.
Sy ma het hom onmiddellik uit die swembad gehaal en alarm gemaak.
Om 10:40 het NSRI van Hartbeespoortdam die noodoproep van die verdrinking van ‘n kind ontvang. Reddingswemmers en mediese beamptes van die NSRI wat naby was, is onmiddellik na die toneel terwyl die diensspan geaktiveer is.
Met aankoms op die toneel is gevind dat die baba nie reageer nie.
NSRI-paramedici het begin met pogings om water uit die baba te kry terwyl KPR toegepas word.
As gevolg van die vinnige en effektiewe aksies van die ma en die span het die baba spontaan begin asemhaal en sy bewussyn herwin.
NECSA (Nucleur Energy Corporation of South Africa) se ambulansdienspersoneel het die baba geassesseer en geen verdere mediesie intervensie nodig gevind nie.
Die NSRI het almal wat betrokke was vir hul vinnige reaksie en spanwerk geprys.
“We urge all members of the public to remain vigilant when children are in or around water and to ensure that safety precautions are taken at all times and a cloak of safety barriers are placed around residential swimming pools.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



