‘Maggie’ van Orkney Snork Nie verjaar

Deel hierdie storie / Share this story

Annette Engelbrecht, Suid-Afrikaanse veteraanaktrise, stemspesialis en drama-onderwyseres, wat in 1948 gebore is, is vandag 75 jaar oud.

Sy is reeds sedert 1969 in die vermaaklikheidsbedryf.

Sy sal veral onthou word vir haar rol as Maggie van Tonder in die gewilde TV-reeks Orkney Snork Nie, en Meraai van die TV-reeks Mattewis en Meraai.

Engelbrecht was in vele ander rolle te sien, onder andere Bosveld Hotel, Swart Kat, Joachem Verwey, Egoli, Platteland, Pretville en vele ander.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel