Verskeie persone is beseer in ‘n ongeluk wat Vrydagmiddag 20 April 2023 ongeveer 14:00 op die interseksie van Gardenia en Jasmynlaan in Gardniapark, Bloemfontein plaasgevind het.
VRMED, LifeEMS en Er24 was op die toneel. VRMED sê met aankoms op die toneel is gevind twee voertuie was in ‘n ongeluk betrokke. Insittendes van beide voertuie is beseer.
Die bestuurder van een van die voertuie is deur Mangaung Fire & Rescue uit die voertuig gehaal. Hy het matige beserings opgedoen. Die bestuurder en passasier is beide deur VRMED na Bloemfontein Mediclinic geneem.
Insittendes van die ander voertuig is met geringe tot matige beserings na die National-hospital geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



